Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
Streisandeffek s.nw. [geen meervoud, ook met kleinletter(s)] die verskynsel dat pogings om enige vorm van nuus/inligting/ens. privaat te hou of dit van die internet te verwyder, die teenoorgestelde uitwerking het deurdat sulke pogings sodanige (sensitiewe) nuus/inligting dan juis onder die media/publiek se aandag bring: › Samsung het nie op ’n versoek om kommentaar gereageer oor waarom iFixit die storie moes verwyder nie, maar die vermoede bestaan hy wil negatiewe publisiteit tot ’n minimum beperk. Die gevolg is natuurlik dat die kwessie nou nog meer negatiewe publisiteit kry, ’n verskynsel bekend as die Streisand-effek (Petrus Malherbe, Netwerk24, 26 April 2019). ◌ ENGELS: Streisand effect
oorsprong:
Genoem na die Amerikaanse sangeres-aktrise Barbra Streisand, wie se poging in 2003 om foto’s van haar huis in Malibu verban te kry, die onbedoelde gevolg gehad het om meer publisiteit daarvoor te genereer.
stik
stockholmsindroom
stoeka
stoepsit
stofaap
stoffies
stofspook
stoftrekker
stokkies
stollen
stoma
stomasakkie
stompkopkewer
stoot-die-bokker
storm
stormkopies
storting
stouf
straat
straatboeka
straight
stratosferies
streepmuis
Streisandeffek
strepiesnuiwer
streskardiomiopatie
stresprinses
strobogrammaties
stromingsdiens
strooiprater
stroom
stroomdiens
stroomkyk
stroomluister
studeerkamergeneraal
stuk
subteks
suffelste
suigeling
suigling
suikerlagie
suikerskedel
suipsafari
sumak
supermaan
superverspreider
suspension of disbelief