Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
sriracha s.nw. [geen meervoud] (Thaise kookkuns) skerp, dik rissiesous met asyn en knoffel as ander bestanddele, tradisioneel saam met vis geëet: › Die wêreld se oë [is] reeds geruime tyd gerig op die Ooste – vir inspirasie van dekor tot kos. Tendense soos macramé, shibori (’n knoop-en-dooptegniek) en bestanddele soos sriracha (gefermenteerde brandrissiesous) is al ’n ruk met ons, maar nou gaan meer van hierdie bestanddele hul verskyning maak (Sarie, 23 April 2019). › Die moderne weergawe van dié eenvoudige, gesonde ete sluit fantastiese kombinasies van vis en grane in; soms is daar ook piekels en sade by, of pikante souse soos mayonnaise en sriracha (Tuis, Februarie 2018). › Sriracha, ’n mengsel van brandrissie, knoffel en asyn, wat ’n geurige byt gee aan garnale en roerbraai-geregte (Sarie, Junie 2017).
◌ SINONIEM(E): srirachasous
◌ ENGELS: sriracha
oorsprong:
Na S(r)i Racha, ’n kusstad in Thailand.
samestelling(s):
sriracha-rissiesous: › Danksy die koskanale op TV is sriracha-rissiesous nou hoogmode hier op eie bodem. Dit is oorspronklik ’n Thai-sous, gemaak van onder meer rooi brandrissies en knoffel (Tuis, Januarie 2016).
srirachasout: › As jy hou van bietjie byt: [...] sriracha-sout. Dit is by die meeste supermarkte beskikbaar. Soek vir die rooi etiket in die soutafdeling. Ons gebruik dit vir als. Op eiers, op die braai, op oondgebraaide groente. Bedank my later (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 20 Junie 2021).
KYK OOK: gochujang
speldligging
spelveranderaar
spelveranderend
spenstuin
spesmoede
spikkel
spiraalaartappel
splinterreeks
spoedfooi
spoedtarief
spoedvrat
spoegbel
spogplakker
spoliasie
sponsstad
spookasem
spookkombuis
spooknugter
spookpiepie
spookrissie
spookwedstryd
springbokmaan
Springbroekie
sriracha
staat
staatskaping
stadsjiek
stadskruiping
stampe-en-stote
stapelkrisis
stapklip
Stargardt se siekte
stargardts
stargardtsiekte
statusboodskap
steampunk
Steirisch
stemafdruk
stemakteur
stembiometrie
stembiometries
stemnota
stemuitvissing
stent
sterfte
steroïed
sterstof