Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
swerwing s.nw. [geen meervoud] (selfoonkommunikasie) proses waarby een netwerk, waar sy infrastruktuur ontoereikend is, die infrastruktuur van ’n ander netwerk gebruik om sy gebruikers in staat te stel om in die betrokke gebied oproepe te kan maak en/of ontvang, en/of die internet te kan gebruik: › Die ongewone en gelyktydige dubbele onderbreking in die kabels het daartoe gelei dat kliënte wat aan O. se globale diens gekoppel is, ’n verlaging in spoed ondervind met die verbinding aan internasionale webblaaie. Internasionale stemoproepe en mobiele swerwing word ook geraak (Petrus Malherbe, Die Burger, 17 Januarie 2020). › Selfoonoproepe word van volgende maand af op sekere vlugte toegelaat. […] ’n Britse maatskappy wat die tegnologie vir [die lugdiens] vervaardig, het gesê dat enige selfoon op die stelsel sal werk, mits die passasier se kontrak internasionale swerwing toelaat (Beeld, 23 Januarie 2007). ◌ ENGELS: roaming
suikerlagie
suikerskedel
suipsafari
sumak
supermaan
superverspreider
suspension of disbelief
sustersmaan
SUT
suurkruid
SVA
swaan
swaardwalvis
swart
swartkas-KI
sweefdeeltjie
sweetberoep
swem
swembadnoedel
swerfgeskiedenis
swerfplastiek
swerfprogram
swerwer
swerwing
Swiftie
sy-ekonomie
sypaadjiefilosoof
ta
taal
taalmodel
tadjien
tafelsit
tagine
tajien
tajine
takotsubo-kardiomiopatie
talassofiel
talmkos
tamale
tamboer
tameletjie
tanatofobie
tand
tandemvoeding
tangaar
tangara
tankini