Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
taalmodel s.nw. | taalmodelle | rekenaarprogram of algoritme wat ontwerp is om – deur middel van masjienleer – patrone in menslike taal te herken en (aan) te leer en die patrone en kennis wat dit vir verwerf, vir skryf, vertaal en ander taalverwante take te herproduseer: › “Ek is ChatGPT, ’n taalmodel geskep deur OpenAI genaamd GPT-3.5. Ek kan mensagtige teks genereer op grond van die inserte wat ek ontvang, inligting verskaf, vrae beantwoord en in gesprek tree oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe.” Dit is die antwoord wat jy kry as jy die kletsbot ChatGPT vra om homself (of haarself of ditself) in twee sinne te beskryf (Arisa Schamrel, Beeld, 2 Desember 2023). › Groot taalmodelle (LLM’s) soos GPT-4 is deur talle mense gekritiseer, insluitend dié in die KI-gemeenskap (Wessel van Rensburg, Vrye Weekblad, 26 April 2024). › Van die skerpste kritiek op groot taalmodelle (LLM’s) soos ChatGPT is dat hulle opgelei word op groot hoeveelhede data op die internet, waarmee hulle statistiese korrelasies maak, en daarom bloot taalwaarskynlikheidspapegaaie met geen werklike redenasievermoë is nie (Wessel van Rensburg, Vrye Weekblad, 12 April 2024). ◌ ENGELS: language model
KYK OOK: masjienleer
suspension of disbelief
sustersmaan
SUT
suurkruid
SVA
swaan
swaardwalvis
swart
swartkas-KI
sweefdeeltjie
sweetberoep
swem
swembadnoedel
swerfgeskiedenis
swerfplastiek
swerfprogram
swerwer
swerwing
Swiftie
sy-ekonomie
sypaadjiefilosoof
ta
taal
taalmodel
tadjien
tafelsit
tagine
tajien
tajine
takotsubo-kardiomiopatie
talassofiel
talmkos
tamale
tamboer
tameletjie
tanatofobie
tand
tandemvoeding
tangaar
tangara
tankini
TAO
tarrie
tatie
tatoe
tatsoi
taxi