Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
stompkopkewer s.nw. | stompkopkewers | stompkopkewertjie | (entomologie) klein uitheemse, polifae kewer (Euwallacea nr. fornicatus), wat tot plaag in Suid-Afrika verklaar is, wat tonnels in bome boor, eiers daarin lê en ’n swam in die tonnels vrystel waarop die kleintjies voed wanneer hulle uitbroei: › Die Kaapse metro het spanne aangewys om inspeksies van bome vir die stompkopkewer in Somerset-Wes uit te voer (Netwerk24, 27 Februarie 2020). › Die Wes-Kaapse regering eis dringende stappe van die nasionale regering om die stompkopkewer te bestry (Landbouweekblad, 26 Julie 2019). › [K]enners van die instituut vir bosbou- en landboubiotegnologie (FABI) aan die Universiteit van Pretoria [het] onlangs bevestig dat boomvrektes in George en Knysna veroorsaak is deur die stompkopkewer (Euwallacea nr. fornicates) en sy simbiotiese swam (Fusarium euwallaceae) (Landbouweekblad, 27 Julie 2017).
◌ ENGELS: polyphagous shot hole borer | PSHB
KYK OOK: polifaag
stemafdruk
stemakteur
stembiometrie
stembiometries
stemnota
stemuitvissing
stent
sterfte
steroïed
sterstof
sterwensbegeleier
stik
stockholmsindroom
stoeka
stoepsit
stofaap
stoffies
stofspook
stoftrekker
stokkies
stollen
stoma
stomasakkie
stompkopkewer
stoot-die-bokker
storm
stormkopies
storting
stouf
straat
straatboeka
straight
stratosferies
streepmuis
Streisandeffek
strepiesnuiwer
streskardiomiopatie
stresprinses
strobogrammaties
stromingsdiens
strontifiseer
strooiprater
stroom
stroomdiens
stroomkyk
stroomluister
studeerkamergeneraal