Bygewerk op 20 Julie 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 502

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

swart b.nw.

Swart Dinsdag (ekonomie, histories) 24 Oktober 1929, die begin, op Wall Street, van die grootste markineenstorting in die moderne geskiedenis, wat gelei het tot die Groot Depressie, waaronder die wêreld tien jaar gely het.ENGELS: Black Tuesday


swart swaan groot, ernstige, onvoorsienbare krisis wat iemand of iets tref, ’n gebeurtenis wat die persoon, mense of instansie wat daardeur geraak word, nie kon voorspel nie, en waarop hulle hulle nie kon voorberei nie: Vir my is die koronavirus ’n swart swaan (Antoni Van Nieuwkerk, Netwerk24, 12 Maart 2020). Asof dit nie genoeg is dat die ANC se steun na alle waarskynlikheid tot onder 50% gedaal het nie, verskyn ’n swart swaan in die vorm van Jacob Zuma en die uMkhonto weSizwe Party op die toneel (Piet Croucamp, Vrye Weekblad, 12 April 2024).ENGELS: black swan


Swart Vrydag in Amerika die Vrydag waarop die Kersinkopieseisoen tradisioneel begin, ná Dankseggingsdag, wat tradisioneel op die laaste Donderdag van November gevier word; vandag in talle lande, ook in Suid-Afrika, die Vrydag waarop groot winkels groot uitverkopings hou en op van hulle ware afslag aanbied wat duisende klante lok: Swart Vrydag, Kubermaandag en die komende Kerstyd is verbruikers én diewe se droom (Riana de Lange, Rapport, 1 Desember 2019). Terwyl die verkeer in winkels ’n belangrike aanduider bly, vind baie van die verkope tydens Dankseggingsdag en Swart Vrydag nou aanlyn plaas (Netwerk24, 29 November 2019). Toe die horlosie middernag slaan, het Swart Vrydag met ’n knal by van die land se groot kettingwinkels begin (Beeld, 24 November 2018). Teen 08:30 is R87 miljoen se verkope by die aanlyn winkel aangeteken en daarmee is die totaal al oorskry wat verlede jaar op Swart Vrydag aangeteken (Beeld, 24 November 2018).ENGELS: Black Friday


KYK OOK: Kubermaandag


oorsprong:
Na die wins wat winkeleienaars op dié dag maak sodat hulle daarna nie langer “in die rooi” (in die skuld) is nie, maar “in die swart” (uit die skuld).


samestelling(s):
Swart Vrydag-koors
Swart Vrydag-inkopies
Swart Vrydag-stormloop
Swart Vrydag-uitverkoping


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

Dis Kersfees in Julie, gevul met sespuntkristalle (Netwerk24)

Jagluiperds se fluit fnuik tot die voëltjies (Netwerk24)

Kelkiewyn dra kosbare water in sy verevag (Netwerk24)

Vermy omgang met kêskuikens en melkbaarde (Netwerk24)

Kannie is dood. Lank lewe kannie! (Netwerk24)

Bruilof-wortels lê geanker in rituele (Netwerk24)

Word daar nog saans stories in jou huis vertel? (Netwerk24)

Dit is waar ’n babbeljoentjie vandaan kom (Netwerk24)

Dalk is dit nou tyd vir Red-’n-Woord-projek? (Netwerk24)

“Engels hou só Afrikaans se arms omhoog” (Netwerk24)

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther