Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
talassofiel s.nw. | talassofiele | iemand wat hom of haar onweerstaanbaar tot die see aangetrokke voel: › Haar vriende onthou haar [Petra Müller] as ’n nederige intellektueel, ’n bergstapper met haar bokserhond getrou aan die sy, ’n tuinier, ’n talassofiel (iemand wat versot is op die see) en ’n bobaas- storieverteller (Netwerk24, 29 Junie 2021). › Die belangstelling in die see is maar daar. Ek gebruik die naam talassofiel (“seevriend”) daarvoor [...] Die see het ’n oorheersende rol in die mens se ontstaan en bestaan op aarde gespeel (Dan Sleigh, Netwerk24, 24 Mei 2015). ◌ SINONIEM(E): seeliefhebber | seevriend ◌ ENGELS: thalassophile
oorsprong:
Van Ou Grieks thálassa see + phílos geliefde; Afrikaans: -fiel liefhebber
swart
swartkas-KI
sweefdeeltjie
sweetberoep
swem
swembadnoedel
swerfgeskiedenis
swerfplastiek
swerfprogram
swerwer
swerwing
Swiftie
sy-ekonomie
sypaadjiefilosoof
ta
taal
taalmodel
tadjien
tafelsit
tagine
tajien
tajine
takotsubo-kardiomiopatie
talassofiel
talmkos
tamale
tamboer
tameletjie
tanatofobie
tand
tandemvoeding
tangaar
tangara
tankini
TAO
tarrie
tatie
tatoe
tatsoi
taxi
TCK
teaterpolitiek
teaterprent
teenkorrupsiewaghond
teenspoliasie
teëspoedhumor
Teflon