Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
swaan s.nw. | swane | swaantjie |
swart swaan groot, ernstige, onvoorsienbare krisis wat iemand of iets tref, ’n gebeurtenis wat die persoon, mense of instansie wat daardeur geraak word, nie kon voorspel nie, en waarop hulle hulle nie kon voorberei nie: › Wat Nassim Taleb in sy boek Black Swan gesê het en wat vir my ’n eye opener was, is hierdie nuwe koronavirus is nie ’n swart swaan nie, want ons het geweet dit kom. Dit is een honderd persent waar – wetenskaplikes het gewéét hierdie ding kom (Debra Meyer, Netwerk24, 17 Julie 2020). › Covid-19 is ’n “swart swaan” (’n onverwagse ingryp) wat die wêreld en nasionale ekonomieë rampspoedig beïnvloed (Anthoni van Nieuwkerk, Vrye Weekblad, 20 Maart 2020).
◌ ENGELS: black swan
strontifiseer
strooiprater
stroom
stroomdiens
stroomkyk
stroomluister
studeerkamergeneraal
stuk
subteks
suffelste
suigeling
suigling
suikerlagie
suikerskedel
suipsafari
sumak
supermaan
superverspreider
suspension of disbelief
sustersmaan
SUT
suurkruid
SVA
swaan
swaardwalvis
swart
swartkas-KI
sweefdeeltjie
sweetberoep
swem
swembadnoedel
swerfgeskiedenis
swerfplastiek
swerfprogram
swerwer
swerwing
Swiftie
sy-ekonomie
sypaadjiefilosoof
ta
taal
taalmodel
tadjien
tafelsit
tagine
tajien
tajine