Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
teaterpolitiek s.nw. [geen meervoud] (neerhalend) verbale en nieverbale politieke kommunikasie en kommunikasietegnieke, dikwels vir die vertoon, soos gesien tydens veldtogte, debatte, gesprekke en ander aanbiedings, in die parlement, op TV en elders in die werklikheid, of via die internet: › Kommentators en ontleders [...] sê al jare lank met groot oortuiging dat die EFF se wilde teaterpolitiek, etniese nasionalisme, gewelddadige neigings en sosialistiese ekonomiese model noodwendig beteken dat hulle sou sukkel om deur die 10%-plafon te breek (Max du Preez, Vrye Weekblad, 8 Desember 2023). › Daar is blykbaar nie juis redakteurs wat die durf het om te verklaar dat hulle joernaliste moet ophou om vir die [party] se aandagsoekery, foefies en teaterpolitiek te val nie (Max du Preez, Vrye Weekblad, 21 Februarie 2020).
tafelsit
tagine
tajien
tajine
takotsubo-kardiomiopatie
talassofiel
talmkos
tamale
tamboer
tameletjie
tanatofobie
tand
tandemvoeding
tangaar
tangara
tankini
TAO
tarrie
tatie
tatoe
tatsoi
taxi
TCK
teaterpolitiek
teaterprent
teenkorrupsiewaghond
teenspoliasie
teëspoedhumor
Teflon
Teflon=
Teflonmisdadiger
tefra
tegnofobie
tegnokraat
tegnokrasie
tegnokraties
tegnologie
tegnoreus
teksgenetika
teledildonika
telegeneeskunde
telematika
telemeter
telemetrie
telemetries
telenovelle
teleurgang