Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
telenovelle s.nw. | telenovelles | televisiedrama soortgelyk aan ’n sepie, maar wat gewoonlik ná sowat 180 aflewerings ten einde loop en dan ’n afgeronde geheel vorm, oorspronklik van Latyns-Amerika, maar vandag in baie lande gewild: › Die 23-jarige akteur [...] het sy televisiedebuut in die telenovelle Arendsvlei gemaak (Huisgenoot, 21 Oktober 2022). › Hélène was ook die hoofskrywer van die telenovelle Diepe Waters (Sarie, 18 November 2022). › Die werklikheid is ’n groteske telenovelle, skryf Deborah Steinmair. Dit wemel van oorlekkers, aspiriensmouse, rotplae en bloedskande (Vrye Weekblad, 15 Mei 2020). › Legacy en The River gaan onder meer in die kategorie vir telenovelles toutrek om die pryse vir beste telenovelle, beste redigering, beste kinematografie, beste kostuums, beste aktrise en beste akteur (Christiaan Boonzaier, Netwerk24, 29 April 2021). ◌ ENGELS: (Spaans) telenovela
TCK
teaterpolitiek
teaterprent
teenkorrupsiewaghond
teenspoliasie
teëspoedhumor
Teflon
Teflon=
Teflonmisdadiger
tefra
tegnofobie
tegnokraat
tegnokrasie
tegnokraties
tegnologie
tegnoreus
teksgenetika
teledildonika
telegeneeskunde
telematika
telemeter
telemetrie
telemetries
telenovelle
teleurgang
tendensontleding
tendensvoorspeller
tengersorg
tepel
terima kasih
termlyste
terroir
terugvoer
terugvoering
tetrahidrokannabinol
THK
thoer
thula
thuma mina
thwala
tien
tieng
tiep
tieplorrie
tiffie
tik
tika