Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
terroir [uitspraak: ter-war] s.nw. [versamelnaam] (Frans) grond, topografie en klimaat, in verhouding tot hoe dit tot die eienskappe bydra van gewasse wat daarin groei: › Dié plaas se unieke terroir sou uitsonderlike wyne oplewer, het hy dadelik besef (Lucille Botha, Landbouweekblad, 24 September 2020). › Terroir is iets wat hoofsaaklik by wyn, tee, koffie en enkelmout-whiskey ter sprake is (Vrye Weekblad, 18 September 2020). › wyn van ’n goeie terroir › As die terroir niks het om te sê nie, sal die wyn ook nie. Indien dit in ’n baie spesiale terroir geplant is, en in die regte hande, sal die wyn ’n diep en intellektuele storie vertel (Netwerk24, 26 Augustus 2020). › Ons glo werklik dat die gebied se terroir tesame met die toewyding van ons produsente, oesjaar ná oesjaar uitsonderlike wyne lewer (Netwerk24, 27 Maart 2020).
Teflonmisdadiger
tefra
tegnofobie
tegnokraat
tegnokrasie
tegnokraties
tegnologie
tegnoreus
teksgenetika
teledildonika
telegeneeskunde
telematika
telemeter
telemetrie
telemetries
telenovelle
teleurgang
tendensontleding
tendensvoorspeller
tengersorg
tepel
terima kasih
termlyste
terroir
terugvoer
terugvoering
tetrahidrokannabinol
THK
thoer
thula
thuma mina
thwala
tien
tieng
tiep
tieplorrie
tiffie
tik
tika
tik-en-betaal
TikTok
TikTokker
til
tilaka
till
tilt
tinga-tinga