Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
tik-en-betaal
♦ s.nw. [geen meervoud] vorm van kontaklose betaling deur ’n kaart, slimfoon of ander mobiele toestel met ’n ingeboude of geïntegreerde stroombaanskyfie en antenna wat radiofrekwensie-identifikasie (RFID) of nabyveldkommunikasie (NFC) moontlik maak, te hou bokant of te beweeg oor ’n leesapparaat by ’n verkooppunt, sonder dat dit aan die leesapparaat hoef te raak: › Al hoe meer mense het oorgeskakel na digitale betaalmetodes – hetsy tik-en-betaal, e-beursies of deur QR-kodes te skandeer (Liesl Peyper, Rapport, 19 Desember 2021). › Betaal vinniger met tik-en-betaal. ◌ SINONIEM(E): kontaklose betaling
♦ ww. | het getik-en-betaal | vir iets betaal deur by die verkooppunt ’n kaart of slimfoon wat toegerus is met ’n RFID- of NFC-skyfie, oor ’n spesiale leesapparaat te beweeg. ◌ ENGELS: tap and pay
samestelling(s):
tik-en-betaaltransaksie, tik-en-betaal-transaksie: › Tik-en-betaal-transaksies het op ’n jaargrondslag met 744% toegeneem en QR-betalings met 85% (Liesl Peyper, Rapport, 19 Desember 2021).
KYK OOK: RFID
teleurgang
tendensontleding
tendensvoorspeller
tengersorg
tepel
terima kasih
termlyste
terroir
terugvoer
terugvoering
tetrahidrokannabinol
THK
thoer
thula
thuma mina
thwala
tien
tieng
tiep
tieplorrie
tiffie
tik
tika
tik-en-betaal
TikTok
TikTokker
til
tilaka
till
tilt
tinga-tinga
tinktinkiekerk
tittewyt
tjaks
tjankboelie
tjappie
tja-tja-paleis
Tjatjies
tjeld
tjiepskyt
tjil
tjoep-tjoep
tjoklit
tjoklitboks=
tjoklitboksliedjie
tjoklitbokstoneel
tjoklitbruin