Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Teflon= woorddeel [ook met kleinletter(s)] (handelsnaam)
1 van Teflon gemaak of daarmee bedek: › Teflonkastrol › Teflonpan › Hy het ’n 30 x 2 mm-hoekyster gebruik waarop die laaie op Teflonstroke sal skuif (Weg, 6 Februarie 2019). → Teflon
2 (figuurlik) waarop of op wie niemand ’n greep/houvas kan kry nie; moeilik om vas te vat; moeilik om te vang: › Hy het ’n ellelange geskiedenis van inhegtenisnemings en hofsake, maar is die meester van die “teruggetrekte saak” – ’n Teflonmisdadiger (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 31 Mei 2019). › Jones van die CBS Evening News ... meen [die Republikeinse presidentskandidaat Steve] Forbes is baie soos oudpres. Reagan, wat as die “Teflon-president” bekend gestaan het. Forbes is so onaantasbaar dat nie eens die kritiek op sy negatiewe TV-advertensieveldtog ’n invloed op sy gewildheid het nie. “Dit lyk of hy met ’n Teflon-laag bedek is,” sê hy (Die Burger, 14 Februarie 1996). › Omdat die FBI in die hof misluk het om misdade aan die vyftigjarige [John] Gotti (wat as die “enigste oorblywende werklike Mafia-Don” beskou is) vas te knoop, word hy die “Teflon-Don” genoem, ’n verwysing na die handelsnaam van ’n braaipan waaraan kos op die stoof nie kan vassit nie (Beeld, 30 Junie 1991).
◌ SINONIEM(E): glibberig
◌ ENGELS: Teflon
talmkos
tamale
tamboer
tameletjie
tanatofobie
tand
tandemvoeding
tangaar
tangara
tankini
TAO
tarrie
tatie
tatoe
tatsoi
taxi
TCK
teaterpolitiek
teaterprent
teenkorrupsiewaghond
teenspoliasie
teëspoedhumor
Teflon
Teflon=
Teflonmisdadiger
tefra
tegnofobie
tegnokraat
tegnokrasie
tegnokraties
tegnologie
tegnoreus
teksgenetika
teledildonika
telegeneeskunde
telematika
telemeter
telemetrie
telemetries
telenovelle
teleurgang
tendensontleding
tendensvoorspeller
tengersorg
tepel
terima kasih
termlyste