Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
tittewyt (uit Engels) ◌ Ook (minder gebruiklik) titteweit ◌
♦ ww. | het getittewyt | mooimaak (= grimeer, hare doen, mooi aantrek): › Terug by die oord het ek weer my baaibroek aangetrek en in die gemak van my eie swembad vertoef totdat ek moes tittewyt vir die aand se kaperjolle (Marzahn Botha, Beeld, 24 Desember 2022). › Van die vroegste tye al tittewyt ons[:] Argeoloë by die Wonderwerk-grot buite Kuruman het afgekom op gereedskap met ’n oorskot van dierevet en hematietoksied wat sowat 40 000 jaar oud is. Hulle reken die poeier is met vet gemeng en as lyfversiering ingespan om status en gelaatstrekke te beklemtoon. Siedaar, een van die eerste vorms van grimering (Carla Lewis, Netwerk24, 12 September 2020). › Voor skool het die meisies hard aan die hare getitteweit, voor die skoolhek dit platgedruk en hul krulle met knippies en kammetjies probeer tem. As die skoolklok lui, is dit alles uitgetrek en die vingers onder die krulle ingewurm om die volume terug te kry (Netwerk24, 29 Augustus 2016). ◌ SINONIEM(E): opdollie ◌ ENGELS: titivate
♦ s.nw. [geen meervoud] proses van te tittewyt: › Daar is gerieflike toonbanke en spieëls vir tittewyt (Maryke Roberts, Netwerk24, 18 Julie 2021). › Dit was ’n doodgewone Vrydag. Die gewone titteweit voor die naweek (Anastasia de Vries, Netwerk24, 2 Oktober 2017). › Nadat ek my ma en boetie letterlik wakker ge-jump-and-jacks het, begin die titteweit (Rolene Strauss, Sarie, 7 Julie 2014).
terugvoering
tetrahidrokannabinol
THK
thoer
thula
thuma mina
thwala
tien
tieng
tiep
tieplorrie
tiffie
tik
tika
tik-en-betaal
TikTok
TikTokker
til
tilaka
till
tilt
tinga-tinga
tinktinkiekerk
tittewyt
tjaks
tjankboelie
tjappie
tja-tja-paleis
Tjatjies
tjeld
tjiepskyt
tjil
tjoep-tjoep
tjoklit
tjoklitboks=
tjoklitboksliedjie
tjoklitbokstoneel
tjoklitbruin
tjol
tjops
tjorts 1
tjorts 2
tjo-tjo
toeba
toebroodjiegenerasie
toegatidee
toekap