Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
tefra s.nw. [versamelnaam] (geologie) gesteentes, ongeag die samestelling of grootte daarvan, wat in die uitbarsting van ’n vulkaan geskep is: › Tefra kan vulkaanas (stukkies kleiner as 2 mm), lapilli (2-64 mm) of vulkaanbomme en vulkaanblokke (groter as 64 mm) wees. › Wanneer tefra tydens ’n vulkaniese uitbarsting uit ’n vulkaanopening gewerp en nog in die lug is, word so ’n klein of groot fragment ’n piroklas of piroklast genoem.
◌ ENGELS: tephra
oorsprong:
Via Sweeds uit Grieks tephra, warm as
tamboer
tameletjie
tanatofobie
tand
tandemvoeding
tangaar
tangara
tankini
TAO
tarrie
tatie
tatoe
tatsoi
taxi
TCK
teaterpolitiek
teaterprent
teenkorrupsiewaghond
teenspoliasie
teëspoedhumor
Teflon
Teflon=
Teflonmisdadiger
tefra
tegnofobie
tegnokraat
tegnokrasie
tegnokraties
tegnologie
tegnoreus
teksgenetika
teledildonika
telegeneeskunde
telematika
telemeter
telemetrie
telemetries
telenovelle
teleurgang
tendensontleding
tendensvoorspeller
tengersorg
tepel
terima kasih
termlyste
terroir
terugvoer