Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
tinga-tinga s.nw. [versamelnaam]
Ook tingatinga
kleurryke, naïewe skilderstyl wat in die tweede helfte van die 20ste eeu in die Tanzaniese stad Dar es Salaam en omstreke ontstaan het, gekenmerk deur bont, dekoratiewe patrone en die uitbeelding van diere, dorpstonele en mensfigure wat tipies van Afrika is.
◌ ENGELS: Tingatinga | Tinga-tinga
oorsprong:
Na die kunstenaar Edward Saidi Tingatinga (1932–1972).
samestelling(s):
tinga-tingakuns: › Ek het my beursie telkens oopgemaak vir die lieflike tinga-tingakuns wat so eie aan die eiland [Zanzibar] is (Beeld, 30 Augustus 2004).
terroir
terugvoer
terugvoering
tetrahidrokannabinol
THK
thoer
thula
thuma mina
thwala
tien
tieng
tiep
tieplorrie
tiffie
tik
tika
tik-en-betaal
TikTok
TikTokker
til
tilaka
till
tilt
tinga-tinga
tinktinkiekerk
tittewyt
tjaks
tjankboelie
tjappie
tja-tja-paleis
Tjatjies
tjeld
tjiepskyt
tjil
tjoep-tjoep
tjoklit
tjoklitboks=
tjoklitboksliedjie
tjoklitbokstoneel
tjoklitbruin
tjol
tjops
tjorts 1
tjorts 2
tjo-tjo
toeba
toebroodjiegenerasie