Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
tik-en-betaal
♦ s.nw. [geen meervoud] vorm van kontaklose betaling deur ’n kaart, slimfoon of ander mobiele toestel met ’n ingeboude of geïntegreerde stroombaanskyfie en antenna wat radiofrekwensie-identifikasie (RFID) of nabyveldkommunikasie (NFC) moontlik maak, te hou bokant of te beweeg oor ’n leesapparaat by ’n verkooppunt, sonder dat dit aan die leesapparaat hoef te raak: › Al hoe meer mense het oorgeskakel na digitale betaalmetodes – hetsy tik-en-betaal, e-beursies of deur QR-kodes te skandeer (Liesl Peyper, Rapport, 19 Desember 2021). › Betaal vinniger met tik-en-betaal.
◌ SINONIEM(E): kontaklose betaling
♦ ww. | het getik-en-betaal | vir iets betaal deur by die verkooppunt ’n kaart of slimfoon wat toegerus is met ’n RFID- of NFC-skyfie, oor ’n spesiale leesapparaat te beweeg.
◌ ENGELS: tap and pay
samestelling(s):
tik-en-betaaltransaksie, tik-en-betaal-transaksie: › Tik-en-betaal-transaksies het op ’n jaargrondslag met 744% toegeneem en QR-betalings met 85% (Liesl Peyper, Rapport, 19 Desember 2021).
KYK OOK: RFID
teleurgang
tendensontleding
tendensvoorspeller
tengersorg
tepel
terima kasih
termlyste
terroir
terugvoer
terugvoering
tetrahidrokannabinol
THK
thoer
thula
thuma mina
thwala
tien
tieng
tiep
tieplorrie
tiffie
tik
tika
tik-en-betaal
TikTok
TikTokker
til
tilaka
till
tilt
tinga-tinga
tinktinkiekerk
tittewyt
tjaks
tjankboelie
tjappie
tja-tja-paleis
Tjatjies
tjeld
tjiepskyt
tjil
tjoep-tjoep
tjoklit
tjoklitboks=
tjoklitboksliedjie
tjoklitbokstoneel
tjoklitbruin