Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
transisie s.nw. | transisies |
1 oorgang | verandering
2 (van ’n transgender persoon) verandering van die liggaam om ooreen te stem met die persoonlike gevoel van genderidentiteit: › Hamblin [...] is trots transgender. Die boek vertel van sy transisie van ’n vrou tot ’n man, eggenoot en die pa van ’n sewejarige dogter (Maryke Roberts, Netwerk24, 20 November 2021). › Dit is onbeskof om mense oor hul transisie (die transgemeenskap verkies dié woord eerder as “oorgang”) en/of enige snykunde uit te vra (Elsabé Brits, Vrye Weekblad, 2 Augustus 2019). › Die feit dat manlike bevoorregting bestaan, is nêrens so glashelder soos wanneer ’n transgender persoon deur ’n transisie gaan nie. Jy gaan dit óf verloor óf bykry, maar dit sal ’n invloed op jou hê (Elsabé Brits, Vrye Weekblad, 2 Augustus 2019). ◌ SINONIEM(E): geslagsoorgang ◌ ENGELS: transition
KYK OOK: transgender, misgender
toelies 2
toepas
toerisme
toes
toet
toetie
tok
-tokker
toks
toksies
tol
tonggeseling
tonic
tonnelontsmetting
toontjie
torpiditeit
torpor
tou
towersampioen
trammakassie
trans
transfobie
transgender
transisie
transjoernalistiek
transnasionaal
transseksueel
transtalig
transtaling
trapklip
trawie
trein
-trein
trek
trend
trendy
triek
trigologie
trigoloog
trilemma
trisomie
trofeejag
Trojaan
Trojaans
trolfabriek
trolliestoter
trolplaas