Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
tjorts1 (informeel)
♦ s.nw. | tjortse |
1 heildronk.
◌ ENGELS: toast
2 drankie: › ’n “Tjorts” in die kroeg is die gepaste afsluiting vir ’n lekker dag se 4x4-ry (WegRy, November 2016).
◌ ENGELS: drink
♦ ww. | het getjorts | ’n heildronk drink op ...: › Ons tjorts respekvol op die lewe, oorlewing en die wonder van wynmaak (Michèle Meyer, Vrye Weekblad, 13 November 2020). › Terwyl die son sak, kom suip ’n trop wildebeeste wat my aanstaar asof ek nie hier hoort nie. “Julle gatte,” sê ek en tjorts hulle met my bier vanuit die jacuzzi terwyl die horison ’n dieprooi son stadig maar seker insluk (WegRy, Maart 2016).
◌ ENGELS: drink a toast
♦ tussenwerpsel (gesondheidspreuk) woord om ander by die drink van ’n drankie gesondheid toe te wens: › Tjorts!
◌ ENGELS: bottoms up
til
tilaka
till
tilt
tinga-tinga
tinktinkiekerk
tittewyt
tjaks
tjankboelie
tjappie
tja-tja-paleis
Tjatjies
tjeld
tjiepskyt
tjil
tjoep-tjoep
tjoklit
tjoklitboks=
tjoklitboksliedjie
tjoklitbokstoneel
tjoklitbruin
tjol
tjops
tjorts 1
tjorts 2
tjo-tjo
toeba
toebroodjiegenerasie
toegatidee
toekap
toekomsbestand
toekomsbestendig
toekomsvas
toek-toek
toelies 1
toelies 2
toepas
toerisme
toes
toet
toetie
tok
-tokker
toks
toksies
tol
tonggeseling