Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Tjatjies s.nw. [geen meervoud] (geografie, lekties) › die Tjatjies die woonbuurt Manenberg op die Kaapse Vlakte: › Vannag in die Kaap wat op sand gebou is, sal ’n kindjie gebore word, een wat onse menswees voor onse voete staan sal maak. Iewers in die Bontas of die Tjatjies sal hy gebore word, in die Ravensmead of die Lavis, in Kriefgat of Louw-se-bos, op ’n plek waar ’n klop aan die deur dikwels ’n noodkreet is vir ’n koppie suiker, ’n teesakkie of ’n snytjie brood, waar dié wat het, gee en gee al maak dit seer (Anastasia de Vries, Vrye Weekblad, 15 Desember 2023). › Ek het opgegroei innie Tjatjies, soes ôsit ken. Vi dié wat nog moet google wat Tjatjies is, die Tjatjies is ôse naam vi Manenberg, oppie Kaapse Vlakte. Dai’s waa my single taanie VK se laanie groot gemaakit (Bernie Fabing, LitNet, 28 Mei 2020).
thuma mina
thwala
tien
tieng
tiep
tieplorrie
tiffie
tik
tika
tik-en-betaal
TikTok
TikTokker
til
tilaka
till
tilt
tinga-tinga
tinktinkiekerk
tittewyt
tjaks
tjankboelie
tjappie
tja-tja-paleis
Tjatjies
tjeld
tjiepskyt
tjil
tjoep-tjoep
tjoklit
tjoklitboks=
tjoklitboksliedjie
tjoklitbokstoneel
tjoklitbruin
tjol
tjops
tjorts 1
tjorts 2
tjo-tjo
toeba
toebroodjiegenerasie
toegangsleutel
toegatidee
toekap
toekomsbestand
toekomsbestendig
toekomsvas
toek-toek