Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 5 Februarie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)

Soek in:

trapklip s.nw. | trapklippe | trapklippie |
1
klip wat ’n entjie bokant die grond of bo water uitsteek, waarop ’n mens trap sodat jy droogvoets van een plek na ’n ander kan stap: Die oudste “brûe” was waarskynlik boomstompe en slingerplante wat versigtig gelê is oor waterstrome wat so diep of breed was dat ’n mens nie daardeur kon loop of daaroor kon spring nie. Dit kon gevolg het op ’n gebruik om groot trapklippe in waterstrome só te spasieer dat ’n mens die strome kon oorsteek sonder om daardeur te waad (Mieliestronk.com). Deesdae is trapklippe ’n gewilde dekoritem, aangesien lae instandhouding en droogte-bestandheid ’n belangrike vereiste vir vandag se tuinier is (Lizelle van Jaarsveld, Beeld, 2 November 2007).

2
(figuurlik) gebeurtenis, middel of handeling wat iemand nader aan die verwesenliking van ’n bepaalde doel/oogmerk bring: Ek het groot respek vir P. en ek wou nie sy naam misbruik as ’n trapklip ter bevordering van my eie loopbaan nie (Beeld, 9 Augustus 1990). Hy wil graag in die toekoms ’n wedstryd begin wat vir ’n jong haarkapper/stilis ’n trapklip kan wees om ’n loopbaan te vestig (Martie Swanepoel, Beeld, 16 November 1999). Moet ook nie tydens die onderhoud openlik te kenne gee dat jy eintlik net in die pos belang stel as ’n trapklip na iets beter nie (Karen Nelmapius, Beeld, 12 April 2000).
SINONIEM(E): stapklip
ENGELS: stepping stone


UITDRUKKING(S):
struikelblokke in trapklippe verander


Let wel
Kies in watter bron(ne) jy wil soek. As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Kyk hier onder hoe jy ook met behulp van spesiale karakters kan soek.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther