Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
tussentaal s.nw. | tussentale |
1 informele omgangstaal waarin woorde en kenmerke van twee ander tale, dialekte of variëteite vermeng word: › Die Taalbondmanne het gevoel dat Nederlands met sy ingewikkelde geslagsreëls (die de- en het-naamwoord), die werkwoordsvorme en spelling onnodig moeilik is vir Suid-Afrikaanse sprekers. Hulle het hulle toe begin beywer vir ’n vereenvoudigde Nederlands [...] Hierdie vorm van Nederlands, ’n soort “tussentaal”, het egter nie wye inslag gevind nie (Netwerk24, 17 Mei 2016). › Op ’n soortgelyke manier is Kaaps ’n tussentaal (Netwerk24, 17 November 2018).
2: › Engels is om pragmatiese redes ’n gawe tussentaal, maar ons het nie toegelaat dat ons ’n enkeltaal-kampus word nie (Dan Kgwadi, Netwerk24, 12 Januarie 2016). → oorbruggingstaal
trotsmars
truffeljag
Trumpetter
Trumpiaans
Trumpiet
Trumpis
Trumpisme
Trumpspoedig
truoniem
tsek
tsjador
tsoenami
tsotsilitikus
tsunami
tsundoku
tuin
tuisblyvakansie
tuis-isolasie
tuisvakansie
tulpa
Türkiye
Turkye
tussenmens
tussentaal
twala
twansie
twee
tweefaktorverifikasie
tweefasemagtiging
tweepotstelsel
tweestapverifikasie
twiet
Twitterstorm
Twittertirade
Twittertrol
Twitterviroloog
tydbespaarder
tydmiljoenêr
tydsverloopvideo
über-
ubukunzi
UCAV
ugli
uit
uitfigure
uitgefees
uitgezoom