Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
tweestapverifikasie s.nw. [geen meervoud] (rekenaar, internet) metode van identiteitsverifiëring waarby ’n gebruiker met ’n wagwoord aanmeld én, gewoonlik opsioneel, ’n veiligheidskode, wat per e-pos, sms of aanstuurkennisgewing ontvang word, korrek moet insleutel om toegang tot ’n rekening te verkry: › Toe jy die eerste keer jou foon gebruik, het jy moontlik ’n iCloud-rekening opgestel en Find My iPhone geaktiveer [...] Nou sal jy jou Apple-ID kan gebruik om jou foon deur iCloud deur ’n rekenaar op te spoor. As jy tweestapverifikasie (of die nuwer tweefaktorverifikasie) gebruik, sal ’n kode na jou “trusted device”, waarskynlik jou selfoonnommer, gestuur word. Jy moet dan die kode inpons om aan te meld (Huisgenoot, 7 Desember 2018). ◌ SINONIEM(E): tweestapbekragtiging | tweefasemagtiging ◌ ENGELS: two-step verification
KYK OOK: tweefaktorverifikasie
Trumpspoedig
truoniem
tsek
tsjador
tsoenami
tsotsilitikus
tsunami
tsundoku
tuin
tuisblyvakansie
tuis-isolasie
tuisvakansie
tulpa
Türkiye
Turkye
tussenmens
tussentaal
twala
twansie
twee
tweefaktorverifikasie
tweefasemagtiging
tweepotstelsel
tweestapverifikasie
twiet
Twitterstorm
Twittertirade
Twittertrol
Twitterviroloog
tydbespaarder
tydmiljoenêr
tydsverloopvideo
über-
ubukunzi
UCAV
ugli
uit
uitfigure
uitgefees
uitgezoom
uitmis
uitsluitkultuur
uitsteek
uitstiek
uitvissing
uitvissingsboodskap
uitzonk