Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
ubukunzi s.nw. [enkelvoud] (Zoeloe) bulskap; bulgees: › Dis ’n onstuitbare, onafhanklike en selfs hardkoppige innerlike krag wat elke man moet ontdek en moet leer om te beheer. As die ubukunzi reg ingespan word – sodat dit in harmonie saam met die res van die gemeenskap kan werk, kan daardie individu die status van iqawe (militêre leier) of inDuna (stamhoof) kry (Chris du Plessis, Vrye Weekblad, 19 Julie 2019). › Daar is verskeie oorgangseremonies voordat ’n Zoeloeseun ’n volwaardige impi genoem kan word. Die eerste een is Iphape, wat verwys na die wors wat van ’n bees se long gemaak word. Dit word op ’n stokkie geryg en op warm klippe verhit, en is ’n delikatesse en beloning vir seuns so jonk as vyf jaar oud wat die kuns van stokgevegte leer in hul poging om hul ubukunzi (“bulgees”) te vind (Chris du Plessis, Vrye Weekblad, 19 Julie 2019). ◌ ENGELS: bullness | bull spirit
KYK OOK: shinga
tuis-isolasie
tuisvakansie
tulpa
Türkiye
Turkye
tussenmens
tussentaal
twala
twansie
twee
tweefaktorverifikasie
tweefasemagtiging
tweepotstelsel
tweestapverifikasie
twiet
Twitterstorm
Twittertirade
Twittertrol
Twitterviroloog
tydbespaarder
tydmiljoenêr
tydsverloopvideo
über-
ubukunzi
UCAV
ugli
uit
uitfigure
uitgefees
uitgezoom
uitmis
uitsluitkultuur
uitsteek
uitstiek
uitvissing
uitvissingsboodskap
uitzonk
uitzoom
ukukhothana
ukungenwa
ukuthwala
ukuthwasa
umakoti
umami
umhupe
umngqusho
umqombothi