Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 29 Maart 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

Trojaans b.nw. | Trojaanse | (histories, mitologie) Van, met betrekking tot, of wat verband hou met die antieke stad Troje, in Klein-Asië, of sy inwoners, die Trojane.

Trojaanse perd Ook Trojaan
1
(a) iets wat bedoel is of wat gedoen word om ’n vyand of teenstander te ondermyn: Toe die kwessie van die nasionalisering van die bank die eerste keer bespreek is, het die Reserwebank dit as ’n Trojaanse perd beskou (Elvira Wood, Netwerk24, 5 Junie 2019). (b) iemand wat in die geheim ’n vyand of teenstander omver wil werp: Diegene vir wie die ou kennis nie meer werk nie, en hulle daaroor uitspreek, word maklik as verdag en [as] gevaarlike Trojaanse perde beskou, veral in die kerk (Chris Jones, Rapport, 2 Junie 2019).


Trojaanse perd Ook Trojaanse virus, Trojaan
(rekenaar) weggesteekte funksie in ’n program wat ’n gebruiker op sy/haar rekenaar installeer, waardeur stelselindringers tot die rekenaar toegang kan verkry, skade kan aanrig en/of private inligting van die gebruiker kan bekom: Dit is ’n sogenaamde Trojaanse perd, wat in alledaagse gebruike, soos ’n aangehegte Word-dokument in ’n e-pos of in ’n kwaadwillige skakel in ’n e-pos skuil […] Sodra jy op die skakel of aanhangsel kliek, word sagteware op jou rekenaar afgelaai wat die virus toegang tot jou toestel gee en toelaat om nog indringerware te installeer (Petrus Malherbe, Netwerk24, 1 Maart 2019). ’n Trojaanse virus is ’n tipe rekenaarvirus wat ’n kwaadwillige stukkie kode op ’n toestel installeer sonder die eienaar se medewete (Petrus Malherbe, Netwerk24, 28 Augustus 2019).
ENGELS: Trojan horse


oorsprong:
Na die verhaal in die Griekse mitologie van die hol houtbeeld waarin Griekse soldate hulle versteek het om in die antieke stad Troje te kom.


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Podsendkanaal

  Artikels, rubrieke en ander bydraes van 2025

As jy meer van jou hond hou as van mense (Netwerk24)

Verwaand is nou verwant aan waansin (Netwerk24)

Japie my skapie moet dalk liefs ’n kraak maak (Netwerk24)

Weet jy wat is die agtste ‘bot’ se betekenis? (Netwerk24)

Taalgoggas wat baie laat struikel (Netwerk24)

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther