Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
tweepotstelsel s.nw. [geen meervoud] (Suid-Afrika)
Ook 2-potstelsel
stelsel wat behels dat mense in ’n sogenaamde “spaargeldpot” tot ’n derde van hulle bydraes tot aftreefondse toegang het, sonder dat hulle van werk hoef te verander of hoef te bedank, sou hulle onverwags finansiële probleme ondervind, terwyl die res van hulle bydraes in ’n sogenaamde “aftreespaargeldpot” bewaar word totdat hulle aftree: › Die wetgewing maak daarvoor voorsiening dat mense aanvanklik minstens 10% tot op ’n maksimum van R30 000 van hul aftreegeld uit hul pensioenfonds kan onttrek. Dit word die sogenaamde tweepotstelsel genoem. Mense se bydraes tot hul pensioenfonds gaan voortaan verdeel word in twee potte: Een pot waaraan hulle nie mag raak nie en wat eers uitkeer as hulle die dag wel aftree, en ’n tweede pot van spaargeld waaruit hulle wel onder streng voorwaardes jaarliks ’n minimum bedrag kan onttrek as hulle in ’n geldknyp is (Francois Williams, Netwerk24, 28 Maart 2024). › Pensioenwet vir 2-potstelsel kry regmerkie in parlement (Netwerk24, 28 Maart 2024).
◌ ENGELS: two-pot system
Trumpisme
Trumpspoedig
truoniem
tsek
tsjador
tsoenami
tsotsilitikus
tsunami
tsundoku
tuin
tuisblyvakansie
tuis-isolasie
tuisvakansie
tulpa
Türkiye
Turkye
tussenmens
tussentaal
twala
twansie
twee
tweefaktorverifikasie
tweefasemagtiging
tweepotstelsel
tweestapverifikasie
twiet
Twitterstorm
Twittertirade
Twittertrol
Twitterviroloog
tydbespaarder
tydmiljoenêr
tydsverloopvideo
über-
ubukunzi
UCAV
ugli
uit
uitfigure
uitgefees
uitgezoom
uitmis
uitsluitkultuur
uitsteek
uitstiek
uitvissing
uitvissingsboodskap