Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
ukukhothana s.nw. [geen meervoud] (Zoeloe) subkultuur van modieuse jong swart stedelinge wat, ten spyte van beperkte middele, rykdom en status vertoon en dit dan grootdoenerig verkwis: › Soos te wagte word ’n subkultuur soos hierdie in ’n ontwikkelende ekonomie soos dié van Suid-Afrika nie goed ontvang nie. Dit word dikwels deur die samelewing en media gekritiseer as verkwistend en roekeloos. Die vooraanstaande ondersoekende joernalis Debora Patta het op TV izikhothane byvoorbeeld as “bling gone obscenely mad” beskryf (Mthobeli Ngcongo en Sifiso Mnisi, Netwerk24, 3 November 2023). › Ons argumenteer ukukhothana is ’n vorm van uitdrukking wat die potensiaal het om ’n sin vir ekheid en trots in die oorblyfsels van onderdrukking in post-apartheid Suid-Afrika te herwin (Mthobeli Ngcongo en Sifiso Mnisi, Netwerk24, 3 November 2023).
oorsprong:
Van Zoeloe ukukhotha “om te lek”, stadsleng “om te spog”.
samestelling(s):
ukukhothana-subkultuur: › Daar is nie konsensus oor wanneer presies hierdie gier ontstaan het nie. Maar daar is ’n rede om te glo die ukukhothana-subkultuur dateer uit 2005 toe dit eerste kop uitgesteek het in townships aan die Oos-Rand voordat dit na ander provinsies versprei het (Mthobeli Ngcongo en Sifiso Mnisi, Netwerk24, 3 November 2023).
KYK OOK: skhothane
Twitterstorm
Twittertirade
Twittertrol
Twitterviroloog
tydbespaarder
tydmiljoenêr
tydsverloopvideo
über-
ubukunzi
UCAV
ugli
uit
uitfigure
uitgefees
uitgezoom
uitmis
uitsluitkultuur
uitsteek
uitstiek
uitvissing
uitvissingsboodskap
uitzonk
uitzoom
ukukhothana
ukungenwa
ukuthwala
ukuthwasa
umakoti
umami
umhupe
umngqusho
umqombothi
Umshini wami
uniekheidskoepon
UPS
URI
URL
USSD
v.C.
vader
vadoek
VAG
vaksinasieweieraar
Valiant
validisme
valsgatheid
vanielje