Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
tsotsilitikus s.nw. | tsotsilitici, tsotsilitikusse | (informeel, afkeurend, neerhalend) politikus wat hom of haar skuldig maak aan gedrag wat gelykgestel word aan die soort gedrag wat ’n mens eerder van ’n tsotsi (= gewelddadige boef of bendelid) sou verwag: › Dis nie net die tsotsilitici wat ons aandag hou nie. En daar wil nie ’n dag verbygaan dat die man met die hoed die volk tegelyk dreig én loof nie (Martie-Retief Meiring, Netwerk24, 8 Julie 2021). › Dié week was ons tsotsilitici die groot nuus (Netwerk24, 2 Julie 2021). › ’n Boewekrasie is ’n mafiastaat waarin die boewekrate, of tsotsilitici in Suid-Afrika, “misdaad wetlik maak, om alle paaie oop te maak vir die megaskaal van finansiële misdaad wat net moontlik is deur staatskaping” (Hans Pienaar, Vrye Weekblad, 26 Februarie 2021). ◌ ENGELS: tsotsi politician
trisomie
trofeejag
Trojaan
Trojaans
trolfabriek
trolliestoter
trolplaas
trolvegter
Trompie
troosdiens
troosdoos
trotsmars
truffeljag
Trumpetter
Trumpiaans
Trumpiet
Trumpis
Trumpisme
Trumpspoedig
truoniem
tsek
tsjador
tsoenami
tsotsilitikus
tsunami
tsundoku
tuin
tuisblyvakansie
tuis-isolasie
tuisvakansie
tulpa
Türkiye
Turkye
tussenmens
tussentaal
twala
twansie
twee
tweefaktorverifikasie
tweefasemagtiging
tweepotstelsel
tweestapverifikasie
twiet
Twitterstorm
Twittertirade
Twittertrol
Twitterviroloog