Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
tjaks tussenwerpsel, bw. vinnig en met mening; net daar; op die daad/plek: › Jy koos my met ’n pap snoek omslat toe ’n vrou nou die dag by die lesinglokaal inwals waar van die studente hul vakkeuses kom registreer, haar oë tot in alle ewigheid op die uwe en kom neem toe tjaks oorkant my plaas (’n vrou soos sy loop sit nie maar net nie, nee, sy neem plaas) (Anastasia de Vries, Vrye Weekblad, 14 Februarie 2020). › In die hofsaak het dit uitgekom dat Quinton en sy bende by Danny se huis probeer inbreek het om drank te steel. Danny het hulle egter tjaks gevang toe hy nog whiskey gaan haal het (Kuier, 6 Mei 2015).
◌ ENGELS: there and then | at once | on the spot
tetrahidrokannabinol
THK
thoer
thula
thuma mina
thwala
tien
tieng
tiep
tieplorrie
tiffie
tik
tika
tik-en-betaal
TikTok
TikTokker
til
tilaka
till
tilt
tinga-tinga
tinktinkiekerk
tittewyt
tjaks
tjankboelie
tjappie
tja-tja-paleis
Tjatjies
tjeld
tjiepskyt
tjil
tjoep-tjoep
tjoklit
tjoklitboks=
tjoklitboksliedjie
tjoklitbokstoneel
tjoklitbruin
tjol
tjops
tjorts 1
tjorts 2
tjo-tjo
toeba
toebroodjiegenerasie
toegangsleutel
toegatidee
toekap