Woordeboek van Afrikaans Vandag

Bygewerk op 22 Januarie 2025

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Van 2024 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 502

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

transgender b.nw. [soms verkort tot trans] [soms ook vas geskryf] [attr. en pred.] van of met betrekking tot iemand wie se persoonlike gevoel van genderidentiteit nie ooreenstem met die geslag wat by geboorte by hom/haar/hulle waargeneem en gevolglik aan hom/haar/hulle toegeken is nie: Die meeste transgender mense voel hulle is in die verkeerde liggaam gebore (Elsabé Brits, Vrye Weekblad, 2 Augustus 2019). Om ’n transgender persoon te wees beteken die geslag waarmee jy gebore is en die een waarmee jy jou identifiseer (jou genderidentiteit), strook nie met mekaar nie (Elsabé Brits, Vrye Weekblad, 2 Augustus 2019). ’n Kaapse meisieskool verwelkom eersdaags hul eerste transgender leerling in wat genderaktiviste as ’n stap nader aan geslagsgelykheid beskryf (Roshé Taka, Netwerk24, 9 Mei 2019). Ek respekteer elke trans-persoon se reg om te lewe op enige manier wat vir hulle geloofwaardig en gemaklik voel. Ek sal saam met jou betoog as daar teen jou gediskrimineer word omdat jy trans is. Terselfdertyd is my lewe gevorm daardeur dat ek ’n vrou is. Ek glo nie dit is hatig om so te sê nie. (Rapport, 4 Junie 2020).SINONIEM(E): transseksueel ◌ TEENOOR: cisgenderENGELS: transgender


transgender man Ook trans man[soms ook vas] persoon met ’n manlike genderidentiteit, maar wat by geboorte as vroulik geïdentifiseer is: Die kunstenaar en voormalige fotograaf skryf hier as ’n transman oor sy eerstehandse ervarings waar hy in boksies gedruk is, sy selfhaat en sy struwelinge met die wese wat spieëls na hom teruggekaats het. (Herman Lategan, Rapport, 18 Julie 2021).


transgender vrou Ook trans vrou[soms ook vas] persoon met ’n vroulike genderidentiteit, maar wat by geboorte as manlik geïdentifiseer is.


samestelling(s):
transgender-regte: Sy is deesdae ’n aktivis vir transgender-regte (Roshé Taka, Netwerk24, 9 Mei 2019).


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Kyk hier onder hoe jy ook met behulp van spesiale karakters kan soek.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Artikels, rubrieke en podsendings van 2025

Jana se reis met woorde (Afrikaans100)

● Oor bottels, flesse, vate, kuipe, balies ... (RSG)

Welkom in die tyd van die Soetkoek-eters (Netwerk24)

So maak jy met ’n motor wat in die modder sit (Netwerk24)

● Oor kalbasse en kruike en ander holgoed (RSG)

Besigtig die volledige lys taalrubrieke, podsendings en nog ander blogs en artikels hier.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Afrikaans Vandag is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2025 Jana Luther