Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
toek-toek s.nw. | toek-toeks | driewielvoertuig, gewoonlik met ’n tweeslagenjin, wat as openbare vervoermiddel en veral as taxi gebruik word, veral in Asië, maar ook in Afrika: › […] terwyl ons die middestad tussen die straatverkopers, toek-toeks en die brommende swart viertrekvoertuie van Tanzanië se elite deurkruis (Liesl Louw-Vaudran, Netwerk24, 23 Januarie 2020). › Hoewel die Pakse-roete – in die suide van die land, naby die Thaise grens – tradisioneel ’n multidag-motorfietsroete is wat rugsakreisigers graag aanpak, kan jy ook ’n motor huur, of dit aanpak vanaf die agtersitplek van ’n toek-toek (Netwerk24, 21 September 2019). › Toe ek klaar is, stop ’n outydse tweeslag-toek-toek, swart met ’n geel dak, voor die huis en laai die jong vrou op (Harry Kalmer, In ’n land sonder voëls, 2019). ◌ ENGELS: tuk-tuk
oorsprong:
Na die geluid wat dit maak.
tja-tja-paleis
Tjatjies
tjeld
tjiepskyt
tjil
tjoep-tjoep
tjoklit
tjoklitboks=
tjoklitboksliedjie
tjoklitbokstoneel
tjoklitbruin
tjol
tjops
tjorts 1
tjorts 2
tjo-tjo
toeba
toebroodjiegenerasie
toegatidee
toekap
toekomsbestand
toekomsbestendig
toekomsvas
toek-toek
toelies 1
toelies 2
toepas
toerisme
toes
toet
toetie
tok
-tokker
toks
toksies
tol
tonggeseling
tonic
tonnelontsmetting
toontjie
torpiditeit
torpor
tou
towersampioen
trammakassie
trans
transfobie