Bygewerk op 30 Oktober 2024

Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Getal trefwoorde vandag: 3 502

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z

toksies b.nw. | toksiese | giftig.

toksiese leier leier wat kenmerke van toksiese leierskap toon: Die toksiese leier kan, as hy toegelaat word om lank genoeg aan te gaan, organisatoriese strukture met die verloop van tyd verwoes en ’n hele organisasie vernietig. Dit geld ook vir regerings en lande (Finweek, 8 Junie 2017). ’n Toksiese leier kan die organisasie se kultuur beïnvloed deur [...] organisasieprosesse te verontagsaam, lojaliteit bo bevoegdheid te beloon, sosiaal onaanvaarbare gedrag soos onderlinge vetes te normaliseer sowel as deur vertroue af te breek en duidelike gesagspunte te erodeer. ’n Toksiese leier se ander, bedriegliker invloed is wat sy gedrag aan die verhoudings tussen mense in die organisasie doen (Finweek, 8 Junie 2017).ENGELS: toxic leader


toksiese leierskap leierskap gekenmerk deur onwilligheid om terugvoering te aanvaar, leuens of teenstrydighede, kliekerigheid, outokrasie, manipulasie, intimidasie, baasspelery en/of narsisme: Die teenvoeter vir toksiese leierskap in die Afrikakonteks is ’n leierskapstyl wat ubuntu sentraal plaas [...] Hier lê die klem op mag as ’n manier om ánder te help. Die grondslag is die welstand van ander en maniere om ander te ontwikkel. Ubuntu-leiers is in voeling met hul ware self, hulle leer uit kritiek, probeer verbeter, stimuleer ondergeskiktes om onafhanklik te dink en plaas hul eie ego ondergeskik aan wat belangrik is vir die saak (Prof. Ebben van Zyl, Netwerk24, 10 April 2016).ENGELS: toxic leadership


toksiese manlikheid kultuurnorme en verwagtinge rakende tradisionele manlike gedrag wat vir die samelewing as geheel nadelige gevolge kan hê, soos die druk op mans om dominant en aggressief te wees en hulle kwesbaarheid en emosies te verberg: Pogings om toksiese manlikheid uit te daag, het ten doel om gesonder, konstruktiewer uitdrukkings van manlikheid te bevorder, emosionele oopheid aan te moedig en ’n inklusiewer, gelyker samelewing te skep. [Pres. Cyril] Ramaphosa het ’n beroep op die ouditorium vol hoërskoolseuns gedoen om “verantwoordelike en eerbare mans” te wees: “Ons moet ’n oop en eerlike gesprek hê oor die groeiende pandemie in ons land. Ons vroue en kinders is slagoffers aan die hande van mans wat dink hierdie samelewing behoort aan hulle. Julle is die mans en volwassenes van die toekoms. Dit is julle wat die hele idee rondom toksiese manlikheid gaan verander” (Netwerk24, 29 Augustus 2023).ENGELS: toxic masculinity


toksiese man man wat toksiese manlikheid openbaar: Ek kan nou nie sê ek het al ooit die ekstreme skoonheidsprobleem gehad wat Dumi duidelik vir my sê ’n meulsteen om haar nek – ’n magneet vir toksiese mans – is nie. Maar is ek al deur mans misken? Ondermyn? Geminag? Geringgeskat? Verneder? Gegaslight? Laat voel asof ek mal is? Geboelie? Is my idees gevat en gemaak asof dit hulle s’n is? Is ek aangeraai om “hom” te laat glo iets is sy idee sodat ons kan vorentoe beweeg? Behandel soos ’n vloerlap? Verskreeu? Gemaak om minder te voel sodat hy kan groter voel? Honderd persent. Al daai dinge (Anneliese Burgess, Vrye Weekblad, 5 November 2023).ENGELS: toxic man


toksiese positiwiteit druk wat mense ervaar om aan ander slegs positiewe emosies te wys, en negatiewe emosies, ervarings, gevoelens en reaksies te onderdruk, te ontken of weg te steek: Onlangs is ek [...] bewus gemaak van die term toxic positivity [...] Toksiese positiwiteit is wanneer mense glo dat negatiewe gedagtes oor enigiets vermy moet word. Selfs in reaksie op gebeure wat normaalweg emosioneel pynlik kan wees, word positiwiteit aangemoedig ten koste van konteks en die normale sielkundige wroegings en heling wat daaruit spruit (Herman Lategan, Vrye Weekblad, 15 Desember 2023).ENGELS: toxic positivity


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word voorbeelde van die woord in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig.

Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


  Rubrieke en podsendings van 2024

Uitbundig uitgeput, maar hoera vir al die uitkykanties (Netwerk24)

Wat is 'n huis sonder sy lappies? (Netwerk24)

Lente se eerste komloertjie het geval (Netwerk24)

Taal ingespan vir diagnose van depressie (Netwerk24)

Afrikaners is plesierig dan baklei hulle so (Netwerk24)

In Afrikaans is dit 'n, nie ñ nie (Netwerk24)

As hartsmens identiteitsdief is wat gaslight (Netwerk24)

Dis Kersfees in Julie, gevul met sespuntkristalle (Netwerk24)

Jagluiperds se fluit fnuik tot die voëltjies (Netwerk24)

Kelkiewyn dra kosbare water in sy verevag (Netwerk24)

Vermy omgang met kêskuikens en melkbaarde (Netwerk24)

Kannie is dood. Lank lewe kannie! (Netwerk24)

Bruilof-wortels lê geanker in rituele (Netwerk24)

Word daar nog saans stories in jou huis vertel? (Netwerk24)

Dit is waar ’n babbeljoentjie vandaan kom (Netwerk24)

Dalk is dit nou tyd vir Red-’n-Woord-projek? (Netwerk24)

“Engels hou só Afrikaans se arms omhoog” (Netwerk24)

“Ek doen” (Netwerk24)

Afrikaans is ’n steentjie in die Afrikamosaïek (Netwerk24)

Luister mooi, stilbly is ook ’n antwoord (Netwerk24)

Die bouwerk wat ons help uitstyg (Netwerk24)

Dikdood of op ’n wilde perd die nuwe jaar in (Netwerk24)


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2024 Jana Luther