Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
toekomsbestand b.nw. | toekomsbestande | opgewasse teen uitdagings wat die moderne wêreld in die toekoms gaan bied: › Klimaatskrisis is die gonswoord. Veganiste doen hul deel om die klimaatskrisis te bestry deur vleis te vermy. Maar nou is daar ’n meer omvattende benadering. Daar is ’n skuif na wat beskryf word as “toekomsbestande kosse” – kosse wat meer bevorderlik en volhoubaar vir die planeet is (Huisgenoot, 8 Januarie 2021). ◌ SINONIEM(E): toekomsbestendig | toekomsvas ◌ ENGELS: future-proof
› iets (of iemand) toekomsbestand maak vandag reeds werk om die verwagte negatiewe gevolge van toekomstige gebeure op iets (of iemand) tot die minimum te beperk: › Ons [het] ’n nuwe strategiese visie geskep om die handelsnaam vaartbelyn en toekomsbestand te maak (Netwerk24, 30 Julie 2020). › As maatskappye hulself toekomsbestand wil maak, gaan hulle kreatiewe denke en innovering sleutel-prioriteite binne hul korporatiewe kultuur moet maak (Carla Lewis, Netwerk24, 22 Junie 2019). › Onderwysers word nou gedwing om nuwe vaardighede aan te leer, wat hulle ook beter toekomsbestand maak (Netwerk24, 12 Junie 2020). ◌ ENGELS: future-proof
samestelling(s):
toekomsbestandmaking: › Toekomsbestandmaking kry aandag in elektronika, in die mediese bedryf, by industriële ontwerp, en by ontwerpe vir klimaatsverandering. ◌ ENGELS: future-proofing
tjaks
tjankboelie
tjappie
tja-tja-paleis
Tjatjies
tjeld
tjiepskyt
tjil
tjoep-tjoep
tjoklit
tjoklitboks=
tjoklitboksliedjie
tjoklitbokstoneel
tjoklitbruin
tjol
tjops
tjorts 1
tjorts 2
tjo-tjo
toeba
toebroodjiegenerasie
toegatidee
toekap
toekomsbestand
toekomsbestendig
toekomsvas
toek-toek
toelies 1
toelies 2
toepas
toerisme
toes
toet
toetie
tok
-tokker
toks
toksies
tol
tonggeseling
tonic
tonnelontsmetting
toontjie
torpiditeit
torpor
tou
towersampioen