Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
telematika s.nw. [geen meervoud] (vakgebied wat handel oor die) kombinasie van telekommunikasie, rekenaarwetenskap en elektrotegniek vir die daarstel van geoutomatiseerde stelsels wat inligting van veraf geleë stelsels oordra na beheersentrums, waar die data gestoor en ontleed word ten einde bedryfstelsels te verbeter: › Telematika handel veral oor kommunikasie met afgeleë voorwerpe soos voertuie, masjiene, rekenaars, geboue en dies meer.
◌ ENGELS: telematics
samestelling(s):
telematika-oplossing: › Ondernemings van alle soorte en groottes (vind) baat by die voordele van telematika-oplossings. Dit sluit in ondernemings in vervoer en verspreiding, die verkoelingsketting, snel bewegende verbruikersgoedere (FMCG), olie en gas, die bou- en mynbedryf, koerierdienste en nutsmaatskappye, om ’n paar te noem (Rapport, 15 Augustus 2021).
telematika-data: › Die telematika-data moet in veilige datasentrums gestoor word, maar inligting moet maklik toeganklik wees vir gemagtigde persone via ’n gesofistikeerde aanlyn platform of mobiele app, ten einde ’n inligtingsbord en verslae te kan genereer (Rapport, 15 Augustus 2021). › Telematika-data (word) in vlootbestuur gebruik om stelsels doeltreffender te maak, bates beter te beveilig, bestuurders beter te beskerm, risiko’s te verminder en dit vergemaklik nakoming van bestaande regulasies (Rapport, 15 Augustus 2021).
tatie
tatoe
tatsoi
taxi
TCK
teaterpolitiek
teaterprent
teenkorrupsiewaghond
teenspoliasie
teëspoedhumor
Teflon
Teflon=
Teflonmisdadiger
tefra
tegnofobie
tegnokraat
tegnokrasie
tegnokraties
tegnologie
tegnoreus
teksgenetika
teledildonika
telegeneeskunde
telematika
telemeter
telemetrie
telemetries
telenovelle
teleurgang
tendensontleding
tendensvoorspeller
tengersorg
tepel
terima kasih
termlyste
terroir
terugvoer
terugvoering
tetrahidrokannabinol
THK
thoer
thula
thuma mina
thwala
tien
tieng
tiep