Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
tiep (uit Engels, informeel)
♦ ww. | het getiep |
1 (laat) kantel of omkantel: › Vou die heel agterste twee sitplekke plat en daar’s ’n enorme bagasiebak. Tiep die middelste ry ook vorentoe en ’n branderplank of bergfiets pas in (Justus Visagie, Vrye Weekblad, 28 Januarie 2022). › Hierdie bekostigbare droësak is gemaak van duursame PVC en hy sal dryf indien ’n fratsgolf jou bagasie in die see tiep (Weg, September 2017). ◌ ENGELS: tip
2 slaap: › Ek het nie die kinders verskreeu of met die meubels baklei nie, maar daar was die stryery heeltyd (met my vrou). Ek sou dan gaan tiep, opstaan en die lewe sou aangaan (Kuier, 3 Junie 2015).
♦ s.nw. [gewoonlik enkelvoud] stortingsterrein: › Ek het amper elke dag vuil boots en ’n overall aan en soms wil mense my nie groet nie. ’n Ou vriendin het my eendag gevra “werk jy op die tiep?” (Kuier, 23 Augustus 2015).
telematika
telemeter
telemetrie
telemetries
telenovelle
teleurgang
tendensontleding
tendensvoorspeller
tengersorg
tepel
terima kasih
termlyste
terroir
terugvoer
terugvoering
tetrahidrokannabinol
THK
thoer
thula
thuma mina
thwala
tien
tieng
tiep
tieplorrie
tiffie
tik
tika
tik-en-betaal
TikTok
TikTokker
til
tilaka
till
tilt
tinga-tinga
tinktinkiekerk
tittewyt
tjaks
tjankboelie
tjappie
tja-tja-paleis
Tjatjies
tjeld
tjiepskyt
tjil
tjoep-tjoep