Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
tendensvoorspeller s.nw. | tendensvoorspellers | iemand of ’n instrument, soos ’n sagtewareprogram, wat historiese data en patrone ontleed en op grond daarvan toekomstige tendense en ontwikkelings voorspel: › Suid-Afrika se voorste tendensvoorspeller gesels [...] oor hoe Covid die mensdom ontwrig het en hoe die trends rondom die lewe en dood (en die bestuur van ’n besigheid) vir altyd verander het (Vrye Weekblad, 10 November 2023). › Mense wat van die huis werk, kies netjiese hemde, deftige bloese en juwele aan die bolyf wat sigbaar is vir deelnemers aan Zoom- of Teams-vergaderings. Maar hulle kan wegkom met moeë denims en sonder hoëhakskoene omdat alles van die middellyf ondertoe veilig agter die lessenaar en van die rekenaarskerm weggesteek is, sê mode-ontleders en tendensvoorspellers (Riana de Lange, Rapport, 3 Oktober 2020). ◌ SINONIEM(E): tendensontleder | neigingsvoorspeller | neigingsontleder ◌ ENGELS: trend forecaster | trend analyst
teenkorrupsiewaghond
teenspoliasie
teëspoedhumor
Teflon
Teflon=
Teflonmisdadiger
tefra
tegnofobie
tegnokraat
tegnokrasie
tegnokraties
tegnologie
tegnoreus
teksgenetika
teledildonika
telegeneeskunde
telematika
telemeter
telemetrie
telemetries
telenovelle
teleurgang
tendensontleding
tendensvoorspeller
tengersorg
tepel
terima kasih
termlyste
terroir
terugvoer
terugvoering
tetrahidrokannabinol
THK
thoer
thula
thuma mina
thwala
tien
tieng
tiep
tieplorrie
tiffie
tik
tika
tik-en-betaal
TikTok
TikTokker