Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
TikTok (handelsnaam)
♦ s.nw.
1 [geen meervoud] sosialemedia-app waarmee kort video’s gemaak en gedeel kan word: › Vandag is die #SeaShanty al 5,9 miljard keer op TikTok gekyk (Netwerk24, 2 September 2021).
2 › tiktok | tiktoks | [met kleinletter] video wat iemand op TikTok plaas en waarna ander kan kyk: › Het jy my nuutste tiktok gesien? › Alfred se vrou en sy ma word ook gesien in sy tiktoks. ◌ SINONIEM(E): TikTok-video
♦ ww. [soms verkort tot tok] › tiktok | het getiktok | [met kleinletter] TikTok gebruik deur video’s op die app te plaas en/of na ander se video’s daarop te kyk: › Sy hoor jou nie; sy tiktok al weer. › Hy het nagte deur getok.
samestelling(s):
TikTok-profiel
TikTok-sensasie
KYK OOK: TikTokker, -tokker
tendensontleding
tendensvoorspeller
tengersorg
tepel
terima kasih
termlyste
terroir
terugvoer
terugvoering
tetrahidrokannabinol
THK
thoer
thula
thuma mina
thwala
tien
tieng
tiep
tieplorrie
tiffie
tik
tika
tik-en-betaal
TikTok
TikTokker
til
tilaka
till
tilt
tinga-tinga
tinktinkiekerk
tittewyt
tjaks
tjankboelie
tjappie
tja-tja-paleis
Tjatjies
tjeld
tjiepskyt
tjil
tjoep-tjoep
tjoklit
tjoklitboks=
tjoklitboksliedjie
tjoklitbokstoneel
tjoklitbruin
tjol