Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
towersampioen s.nw. (uit Engels, informeel) versamelnaam vir verskillende soorte paddastoele wat die kristallyne alkaloïed psilosibien bevat, wat op gebruikers wat dit in klein hoeveelhede inneem, ’n psigedeliese uitwerking het: › Die mediese voordele van die aktiewe bestanddeel in sogenaamde towersampioene vir mense wat aan angs en depressie ly, word toenemend wetenskaplik bewys (Elsabé Brits, Netwerk24, 15 Februarie 2020). › Die aktiewe bestanddeel in towersampioene is psilosibien, ’n hallusinogeen. (Elsabé Brits, Netwerk24, 15 Februarie 2020). › Daar was 24 flesse vol towersampioene en dagga, drie pakke dagga, 55 spuitnaalde, ’n onbekende hoeveelheid hasjisj, 190 klein boksies sampioenkoekies, ’n stukkie dagga-fudge, 5 Ecstasy-tablette en sewe daggaplante (Warda Meyer, Netwerk24, 19 Desember 2019). ◌ ENGELS: magic mushroom
KYK OOK: psilosibiensampioen
toekomsbestand
toekomsbestendig
toekomsvas
toek-toek
toelies 1
toelies 2
toepas
toerisme
toes
toet
toetie
tok
-tokker
toks
toksies
tol
tonggeseling
tonic
tonnelontsmetting
toontjie
torpiditeit
torpor
tou
towersampioen
trammakassie
trans
transfobie
transgender
transisie
transjoernalistiek
transnasionaal
transseksueel
transtalig
transtaling
trapklip
trawie
trein
-trein
trek
trend
trendy
triek
trigologie
trigoloog
trilemma
trisomie
trofeejag