Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
trans b.nw. [verkorting van transgender] (informeel): › 20 November) is die internasionale herdenkingsdag vir transgender mense, wat hulde bring aan trans individue wat tydens ’n haatmisdaad of gendergeweld gesterf het (Maryke Roberts, Netwerk24, 20 November 2021). ◌ TEENOOR: cis
› trans gemeenskap [ook soms vas] gemeenskap van transgender persone: › Dit is onbeskof om mense oor hul transisie (die transgemeenskap verkies dié woord eerder as “oorgang”) en/of enige snykunde uit te vra (Elsabé Brits, Vrye Weekblad, 2 Augustus 2019). ◌ ENGELS: transgender community | trans community
› trans persoon [ook soms vas] persoon wie se persoonlike gevoel van genderidentiteit nie ooreenstem met die geslag wat by geboorte by hom/haar/hulle waargeneem en gevolglik aan hom/haar/hulle toegeken is nie: › As ’n transpersoon uiteindelik vra vir hormone om hulle liggaam aan te pas by hulle genderidentiteit, moet hulle weet dat hulle veel sal verloor saam met dit wat hulle wen (Izak de Vries, LitNet, 3 September 2020). ◌ SINONIEM(E): transgender persoon | transseksuele persoon ◌ ENGELS: trans person | transgender person
KYK OOK: transgender
toekomsvas
toek-toek
toelies 1
toelies 2
toepas
toerisme
toes
toet
toetie
tok
-tokker
toks
toksies
tol
tonggeseling
tonic
tonnelontsmetting
toontjie
torpiditeit
torpor
tou
towersampioen
trammakassie
trans
transfobie
transgender
transisie
transjoernalistiek
transnasionaal
transseksueel
transtalig
transtaling
trapklip
trawie
trein
-trein
trek
trend
trendy
triek
trigologie
trigoloog
trilemma
trisomie
trofeejag
Trojaan
Trojaans