Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
trapklip s.nw. | trapklippe | trapklippie |
1 klip wat ’n entjie bokant die grond of bo water uitsteek, waarop ’n mens trap sodat jy droogvoets van een plek na ’n ander kan stap: › Die oudste “brûe” was waarskynlik boomstompe en slingerplante wat versigtig gelê is oor waterstrome wat so diep of breed was dat ’n mens nie daardeur kon loop of daaroor kon spring nie. Dit kon gevolg het op ’n gebruik om groot trapklippe in waterstrome só te spasieer dat ’n mens die strome kon oorsteek sonder om daardeur te waad (Mieliestronk.com). › Deesdae is trapklippe ’n gewilde dekoritem, aangesien lae instandhouding en droogte-bestandheid ’n belangrike vereiste vir vandag se tuinier is (Lizelle van Jaarsveld, Beeld, 2 November 2007).
2 (figuurlik) gebeurtenis, middel of handeling wat iemand nader aan die verwesenliking van ’n bepaalde doel/oogmerk bring: › Ek het groot respek vir P. en ek wou nie sy naam misbruik as ’n trapklip ter bevordering van my eie loopbaan nie (Beeld, 9 Augustus 1990). › Hy wil graag in die toekoms ’n wedstryd begin wat vir ’n jong haarkapper/stilis ’n trapklip kan wees om ’n loopbaan te vestig (Martie Swanepoel, Beeld, 16 November 1999). › Moet ook nie tydens die onderhoud openlik te kenne gee dat jy eintlik net in die pos belang stel as ’n trapklip na iets beter nie (Karen Nelmapius, Beeld, 12 April 2000). ◌ SINONIEM(E): stapklip ◌ ENGELS: stepping stone
UITDRUKKING(S):
♦ struikelblokke in trapklippe verander
tok
-tokker
toks
toksies
tol
tonggeseling
tonic
tonnelontsmetting
toontjie
torpiditeit
torpor
tou
towersampioen
trammakassie
trans
transfobie
transgender
transisie
transjoernalistiek
transnasionaal
transseksueel
transtalig
transtaling
trapklip
trawie
trein
-trein
trek
trend
trendy
triek
trigologie
trigoloog
trilemma
trisomie
trofeejag
Trojaan
Trojaans
trolfabriek
trolliestoter
trolplaas
trolvegter
Trompie
troosdiens
troosdoos
trotsmars
truffeljag