Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
stroomdiens s.nw. | stroomdienste | (rekenaar, internet) (internet)diens waarop gebruikers kan inteken om klank- en/of video-inhoud in opeenvolgende bondels/pakkies te ontvang sodat die inhoud voortdurend bly speel soos dit ontvang word, sonder om dit op die rekenaar of selfoon self hoef te bewaar: › Oud en jonk figure sommer gou uit hoe ’n stroomdiens werk as hulle eers die skerm voor hulle het en dan gebruik hulle dit (Thinus Ferreira, Kuier, 17 Februarie 2021). › Stroomdienste was 41% gewilder in Maart teenoor Februarie (Annelize Visser, Vrye Weekblad, 19 Junie 2020). › Wat’s die stroomdiens vir jou? […] Met stroomdienste stel jy self jou kykgenot saam (Huisgenoot, 7 September 2018). ◌ SINONIEM(E): stromingsdiens
samestelling(s):
musiekstroomdiens
videostroomdiens: › As jy die geld het vir ’n videostroomdiens, laat dit jou toe om te kyk in jou eie tyd, na wat jy wil, soveel jy wil, wanneer jy wil, waar jy wil, en hoe jy wil – in jou bed op jou foon, op die bank voor die TV of waar ook al (Thinus Ferreira, Kuier, 17 Februarie 2021).
KYK OOK: stroom
stokkies
stollen
stoma
stomasakkie
stompkopkewer
stoot-die-bokker
storm
stormkopies
storting
stouf
straat
straatboeka
straight
stratosferies
streepmuis
Streisandeffek
strepiesnuiwer
streskardiomiopatie
stresprinses
strobogrammaties
stromingsdiens
strooiprater
stroom
stroomdiens
stroomkyk
stroomluister
studeerkamergeneraal
stuk
subteks
suffelste
suigeling
suigling
suikerlagie
suikerskedel
suipsafari
sumak
supermaan
superverspreider
suspension of disbelief
sustersmaan
SUT
suurkruid
SVA
swaan
swaardwalvis
swart
swartkas-KI