Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
spookpiepie s.nw. [geen meervoud] (informeel) penetreerolie wat tussen styfpassende onderdele gebruik word: › Watter Namakwalandse boer het nog nie in die winter gesukkel om daardie dieselvragmotor aan die gang te kry die dag wanneer hy vroegdag moet skaap ry nie? Die antwoord is gou gevind. Hulle gebruik spookpiepie. Dít vind ’n mens in so ’n spuitkannetjie. Jy spuit so ’n tjirtsie daarvan by ’n sekere deel van die steeks dieselenjin in, draai die sleutel en die enjin vat. Wat die Engelse naam ook al is, dis vir die Namakwalanders vreemd en in party gevalle seker ook onuitspreekbaar, maar spookpiepie ken hulle goed, want dis hul eie naam vir die goed in daardie kannetjie (Die Burger, 27 Junie 1998).
◌ SINONIEM(E): spookpis
◌ ENGELS: multipurpose lubricant
SPD 2
speak
speellys
speenvark
spekulasiefiksie
speldligging
spelveranderaar
spelveranderend
spenstuin
spesmoede
spikkel
spiraalaartappel
splinterreeks
spoedfooi
spoedtarief
spoedvrat
spoegbel
spogplakker
spoliasie
sponsstad
spookasem
spookkombuis
spooknugter
spookpiepie
spookrissie
spookwedstryd
springbokmaan
Springbroekie
sriracha
staat
staatskaping
stadsjiek
stadskruiping
stampe-en-stote
stapelkrisis
stapklip
Stargardt se siekte
stargardts
stargardtsiekte
statusboodskap
steampunk
Steirisch
stemafdruk
stemakteur
stembiometrie
stembiometries
stemnota