Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 5 Februarie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui in watter bron jy wil soek, of in albei. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 318 (woordeboek) | 222 (rubrieke)
stik ww. | het gestik | verstik.
♦ in jou … stik/verstik of iemand in sy/haar … laat stik/verstik
1 jou/iemand hewig ontstel: › Die legendariese Nama-kaptein, die geniale strateeg wat groot leërmagte in hul stewels laat sidder het en die Duitse keiser in sy bier laat stik het (Deborah Steinmair, Vrye Weekblad, 7 Junie 2019). › Maar hoewel dit dalk help vir die vetrolletjies en lewenslus kan die totaal op jou strokie by die kasregister jou dalk net aan jou laevet-sjokoladekoekie laat stik (Pieter van Zyl, Huisgenoot).
2 (iemand laat) uitbars van die lag: › Stik jy elke oggend in jou ontbytpap as jy Garfield se eskapades verslind? (Leon van Nierop, Huisgenoot, 23 September 2004).
◌ ENGELS: choke on | make one choke on
staatskaping
stadsjiek
stadskruiping
stampe-en-stote
stapelkrisis
stapklip
Stargardt se siekte
stargardts
stargardtsiekte
statusboodskap
steampunk
Steirisch
stemafdruk
stemakteur
stembiometrie
stembiometries
stemnota
stemuitvissing
stent
sterfte
steroïed
sterstof
sterwensbegeleier
stik
stockholmsindroom
stoeka
stoepsit
stofaap
stoffies
stofspook
stoftrekker
stokkies
stollen
stoma
stomasakkie
stompkopkewer
stoot-die-bokker
storm
stormkopies
storting
stouf
straat
straatboeka
straight
stratosferies
streepmuis
Streisandeffek