Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
sterfte s.nw. | sterftes |
oortollige sterftes verskil tussen die waargenome getal sterftes in ’n spesifieke tydperk en die verwagte getal sterftes vir daardie periode, gebaseer op statistieke van vorige jare: › Om na oortollige sterftes te kyk is ’n gevestigde metode om die impak van epidemies op mortaliteit te bepaal en word elke jaar gebruik om die impak van griep gedurende die wintermaande te bereken (Ilse Bigalke, Vrye Weekblad, 23 September 2022). › Ons het ’n vreeslike epidemie. Ons het vreeslike oortollige sterftes (203 000) gehad. Ons het geliefdes verloor. Ons móét entstowwe gebruik om die pandemie in Suid-Afrika te probeer stuit (Vrye Weekblad, 30 Julie 2021).
◌ ENGELS: excess deaths
springbokmaan
Springbroekie
sriracha
staat
staatskaping
stadsjiek
stadskruiping
stampe-en-stote
stapelkrisis
stapklip
Stargardt se siekte
stargardts
stargardtsiekte
statusboodskap
steampunk
Steirisch
stemafdruk
stemakteur
stembiometrie
stembiometries
stemnota
stemuitvissing
stent
sterfte
steroïed
sterstof
sterwensbegeleier
stik
stockholmsindroom
stoeka
stoepsit
stofaap
stoffies
stofspook
stoftrekker
stokkies
stollen
stoma
stomasakkie
stompkopkewer
stoot-die-bokker
storm
stormkopies
storting
stouf
straat
straatboeka