Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 20 Junie 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
staat s.nw. | state |
› mislukte staat situasie waar ’n onafhanklike staat sy bevolking, hulpbronne en landsgrense nie langer doeltreffend kan beheer nie, nie meer basiese dienste kan lewer nie en in die oë van sy burgers en die internasionale gemeenskap legitimiteit verloor (het): › ’n Johannesburgse konsultantmaatskappy oor politieke en ekonomiese risiko (het) hoofopskrifte gehaal met sy waarskuwing dat ’n “ekonomiese en politieke ineenstorting” SA in die gesig staar as die trajek van sy ekonomiese beleid nie verander nie, wat die land teen 2030 ’n “mislukte staat” sal maak (finweek, 18 September 2020). › Somalië word as ’n sprekende voorbeeld van ’n mislukte staat beskou. Dis ’n land waar ’n langdurige burgeroorlog, intense faksiegevegte en algehele anargie waar krygshere en seerowers doen wat hulle wil, so erg geraak het dat ’n funksionerende regering en staat onmoontlik is (Hugo Pienaar, Vrye Weekblad, 18 September 2020).
◌ ENGELS: failed state
spelveranderaar
spelveranderend
spenstuin
spesmoede
spikkel
spiraalaartappel
splinterreeks
spoedfooi
spoedtarief
spoedvrat
spoegbel
spogplakker
spoliasie
sponsstad
spookasem
spookkombuis
spooknugter
spookpiepie
spookrissie
spookwedstryd
springbokmaan
Springbroekie
sriracha
staat
staatskaping
stadsjiek
stadskruiping
stampe-en-stote
stapelkrisis
stapklip
Stargardt se siekte
stargardts
stargardtsiekte
statusboodskap
steampunk
Steirisch
stemafdruk
stemakteur
stembiometrie
stembiometries
stemnota
stemuitvissing
stent
sterfte
steroïed
sterstof
sterwensbegeleier