Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 22 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
stembiometrie s.nw. [geen meervoud]
Ook stembiometrika
tegnologie wat die unieke kenmerke van ’n mens se stem gebruik om jou te identifiseer: › Beskou stembiometrie as ’n vokale vingerafdruk […] Die sterk punt van stembiometrie is dat jy nie my stem kan steel nie (Craig West, Finweek, 26 Februarie 2015).
◌ ENGELS: voice biometrics
samestelling(s):
stembiometriestelsel: › ’n Stembiometriestelsel neem die unieke eienskappe van ’n kliënt se stem op en maak ’n stemafdruk. (Craig West, Finweek, 26 Februarie 2015).
afleiding(s):
stembiometries: › Wanneer die kliënt dan met die organisasie in aanraking kom, verifieer die stembiometriese tegnologie die kliënt onmiddellik. Dit word gedoen deur die kliënt se stem te vergelyk met die stemafdruk in die databasis, en as dit presies ooreenkom, gee die stelsel toegang tot die rekening (Craig West, Finweek, 26 Februarie 2015).
spookkombuis
spooknugter
spookpiepie
spookrissie
spookwedstryd
springbokmaan
Springbroekie
sriracha
staat
staatskaping
stadsjiek
stadskruiping
stampe-en-stote
stapelkrisis
stapklip
Stargardt se siekte
stargardts
stargardtsiekte
statusboodskap
steampunk
Steirisch
stemafdruk
stemakteur
stembiometrie
stembiometries
stemnota
stemuitvissing
stent
sterfte
steroïed
sterstof
sterwensbegeleier
stik
stockholmsindroom
stoeka
stoepsit
stofaap
stoffies
stofspook
stoftrekker
stokkies
stollen
stoma
stomasakkie
stompkopkewer
stoot-die-bokker
storm