Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
stompkopkewer s.nw. | stompkopkewers | stompkopkewertjie | (entomologie) klein uitheemse, polifae kewer (Euwallacea nr. fornicatus), wat tot plaag in Suid-Afrika verklaar is, wat tonnels in bome boor, eiers daarin lê en ’n swam in die tonnels vrystel waarop die kleintjies voed wanneer hulle uitbroei: › Die Kaapse metro het spanne aangewys om inspeksies van bome vir die stompkopkewer in Somerset-Wes uit te voer (Netwerk24, 27 Februarie 2020). › Die Wes-Kaapse regering eis dringende stappe van die nasionale regering om die stompkopkewer te bestry (Landbouweekblad, 26 Julie 2019). › [K]enners van die instituut vir bosbou- en landboubiotegnologie (FABI) aan die Universiteit van Pretoria [het] onlangs bevestig dat boomvrektes in George en Knysna veroorsaak is deur die stompkopkewer (Euwallacea nr. fornicates) en sy simbiotiese swam (Fusarium euwallaceae) (Landbouweekblad, 27 Julie 2017). ◌ ENGELS: polyphagous shot hole borer | PSHB
KYK OOK: polifaag
stemafdruk
stemakteur
stembiometrie
stembiometries
stemnota
stemuitvissing
stent
sterfte
steroïed
sterstof
sterwensbegeleier
stik
stockholmsindroom
stoeka
stoepsit
stofaap
stoffies
stofspook
stoftrekker
stokkies
stollen
stoma
stomasakkie
stompkopkewer
stoot-die-bokker
storm
stormkopies
storting
stouf
straat
straatboeka
straight
stratosferies
streepmuis
Streisandeffek
strepiesnuiwer
streskardiomiopatie
stresprinses
strobogrammaties
stromingsdiens
strooiprater
stroom
stroomdiens
stroomkyk
stroomluister
studeerkamergeneraal
stuk