Bygewerk op 20 Julie 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en maandeliks in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
stratosferies b.nw. | stratosferiese |
1 (geografie) van of met betrekking tot die hoogste luglaag om die aarde: › ’n stratosferiese lugballon
2 (figuurlik) hoog; uitstekend: › Donizetti se musiek is meesterlik, hoewel soms voorspelbaar: lang skoon musikale lyne word afgewissel met koloratuur-vuurwerke en stratosferiese note (Wayne Muller, Netwerk24, 10 November 2015). › Die “beleggingsmandaat” wat Rapport onder oë gehad het verduidelik nie hoe die stratosferiese opbrengste verdien word nie, maar beleggers sê hulle was onder die indruk dat J. die geld sou gebruik om hoërisikobeleggings op die JSE te maak (Elaine Swanepoel, Netwerk24, 25 Februarie 2018). › Dit is gevolg deur ’n liefdesverhouding met pinot noir wat vinnig die volgende in-ding geword het – mét stratosferiese pryse (Netwerk24, 11 Julie 2014). › Hamilton se stratosferiese vertoonpyl het Vettel in 2018 vermorsel (Braam Peens, Netwerk24, 13 Junie 2019).
sterstof
sterwensbegeleier
stik
stockholmsindroom
stoeka
stoepsit
stofaap
stoffies
stofspook
stoftrekker
stokkies
stollen
stoma
stomasakkie
stompkopkewer
stoot-die-bokker
storm
stormkopies
storting
stouf
straat
straatboeka
straight
stratosferies
streepmuis
Streisandeffek
strepiesnuiwer
streskardiomiopatie
stresprinses
strobogrammaties
stromingsdiens
strooiprater
stroom
stroomdiens
stroomkyk
stroomluister
studeerkamergeneraal
stuk
subteks
suffelste
suigeling
suigling
suikerlagie
suikerskedel
suipsafari
sumak
supermaan