Bygewerk op 30 Oktober 2024
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en gereeld in Pharos Aanlyn bygewerk. Van November 2023 af word, met toestemming, ook ’n groot versameling taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit in een van of in albei hierdie bronne opgeneem is – ook Engelse woorde. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
Getal trefwoorde vandag: 3 502
statusboodskap s.nw. | statusboodskappe | boodskap waarin ’n gebruiker op ’n sosialemediablad sy of haar status deel, soos te vertel hoe dit gaan, waarmee sy of hy besig is, of watter plekke besoek word: › “Ek het ’n statusboodskap op my WhatsApp-profiel geskryf en om hulp gevra,” vertel Antoinette (Huisgenoot, 17 September 2021). › Jy kan ’n foto of video tot 24 uur lank deel as jou status. As jou “read recipient”-funksie aangeskakel is, kan jy sien wie jou statusboodskap gesien het en wanneer (Huisgenoot, 3 Desember 2020). › Verlede jaar is in ’n Amerikaanse studie bevind dat 63% van ma’s in die VSA Facebook-gebruikers is, en van hierdie gebruikers deel 97% foto’s van hul kinders, 89% deel statusboodskappe van hulle, en 46% deel video’s (Annemie Lombard, Sarie, 7 November 2017). ◌ ENGELS: status update
spoedtarief
spoedvrat
spoegbel
spogplakker
spoliasie
sponsstad
spookasem
spookkombuis
spooknugter
spookpiepie
spookwedstryd
springbokmaan
Springbroekie
sriracha
staat
staatskaping
stadsjiek
stadskruiping
stampe-en-stote
stapklip
Stargardt se siekte
stargardts
stargardtsiekte
statusboodskap
steampunk
Steirisch
stemafdruk
stemakteur
stembiometrie
stembiometries
stemnota
stemuitvissing
stent
sterfte
steroïed
sterstof
sterwensbegeleier
stik
stockholmsindroom
stoeka
stoepsit
stofaap
stoffies
stofspook
stoftrekker
stokkies
stollen