Woordeboek van Afrikaans Vandag
Bygewerk op 29 Maart 2025
Redakteur: Jana Luther | Help ons | Woordewisseling | Podsendings
Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!
snoeptamatie s.nw. | snoeptamaties | snoeptamatietjie | enige klein tamatie, soos ’n kersietamatie: › TF 4633 is ’n nuwe geel kersietamatie wat na vele aanvrae nou kommersieel beskikbaar gestel gaan word, Samantha bly gewild vir sy smaak en *BR 5388 is ’n nuwe snoeptamatie (cocktail tomato) wat groter is as die gewone kersietamatie (Annamarie Bremner, ProAgri.co.za, 2019). › Hoenderbors-pita: Sny die vet van die hoender, maak gaar en kap fyn; meng met blaarslaai, snoeptamaties, soetrissierepe en laevet-slaaisous; sit voor in ’n pitabrood of op ’n volgraanrolletjie (News24, 21 Julie 2012). › Bros tuinslaai: 250 g geskilde of geborselde jongworteltjies; 150g gemengde rooi-losblaar-blaarslaai; 4 radyse, in baie dun ringetjies gesny; 10 snoeptamatietjies (siertamatietjies); 1 middelslag beet (rou), gerasper; 2 sprietuie, fyn gesny; 50 ml olyfolie; 10 ml balsemasyn of gewone asyn; kruiesout; en vars kruie (Beeld, 3 Oktober 1996).
◌ SINONIEM(E): kersietamatie | siertamatie
◌ ENGELS: cocktail tomato | cherry tomato
samestelling(s):
snoeptamatie-en-kaassosatie
sloertoer
slofie
slug
sluipvariant
slurpsak
smaak
smaakaksent
smaakmaker
smakie
smêsh
smêsj
smishing
smoelkappie
smokkeljaart
smoors
SMS-uitvissing
smurf
smurfery
sneeuvlokkie 1
sneeuvlokkie 2
snellergereed
SNO
snoek
snoeptamatie
snol
Snorstad
snuffelsagteware
sny
snyer
soantropie
so-by-so
soe
SOE
Soeboeg
soema
Soenat
sofaseekoei
Sokraties
sol
solopreneur
som
somermaand
somma
son
sonkragplaas
son-onnertjie
sonplaas